Snyman beïndruk met sy Blitsbok-span

Loading player...
Die Springbok-sewes se afrigter, Philip Snyman, sê hy is trots op die span se kliniese spel teen Spanje in die eindstryd van die Kanadese wêreldreekstoernooi in Vancouver. Suid-Afrika het ses drieë gedruk en Spanje 38-12 verpletter. Dit was die Blitsbokke se derde titel in vyf toernooie in die huidige seisoen. Snyman sê hy is tevrede met die span se volgehoue spelpeil en die groep se diepte:
9 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die nuus om 13:00

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.
20 Jun 6AM 2 min

Motoriste nie gekant teen veiligheid van voetgangers nie, sê Amushelelo

‘n Vreedsame betoging teen spoedhobbels wat op die B1 Westelike Verbypad om Windhoek aangebring is, het vanoggend plaasgevind. Dit volg ná aktivis Michael Amushelelo ‘n dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi gebring het om die hobbels te verwyder weens die reuse-verkeersknope wat dit veroorsaak. Regter Gabriel Komboni lewer op 30…
20 Jun 6AM 1 min

Hisbolla skend skietstaking, sê Israel

Israel sê Hisbolla se skendings van die skietstaking en voortgesette aanvalle vereis voortdurende operasies in Suid-Libanon. 'n Woordvoerder van die Israelse Weermag, Effie Defrin, sê hulle sal voortgaan om teen bedreigings op te tree, en doen wat nodig is om burgers te beskerm. Defrin sê vier Israelse soldate is dood…
20 Jun 6AM 1 min

SA verskerp veldtog teen onwettige migrante

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug…
20 Jun 4AM 1 min

Intelligensie-grootkoppe kry 'uitstel' met arrestasies

Die beplande inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die hoof van intelligensie-ontleding, generaal-majoor Nozipho Madondo, is weens nasionale veiligheidskwessies afgelas. Die twee sou hulself Vrydag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria oorgee op aanklagte van bedrog, maar die proses is gestaak omdat Khumalo betrokke is by die monitor…
20 Jun 3AM 1 min