CAN werk aan kankerregister

Loading player...
Die Kankervereniging van Namibië het aangekondig dat hy die land se Nasionale Kankerregister vir die jare 2020 tot 2024 finaliseer. Oor die volgende drie weke kan registerspanne sommige pasiënte of hul families kontak as deel van 'n vertroulike opvolgproses om rekords te verifieer. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alle inligting streng privaat sal bly en dat die inisiatief daarop gemik is om nasionale kankerdata te versterk.
9 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die nuus om 13:00

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.
20 Jun 6AM 2 min

Motoriste nie gekant teen veiligheid van voetgangers nie, sê Amushelelo

‘n Vreedsame betoging teen spoedhobbels wat op die B1 Westelike Verbypad om Windhoek aangebring is, het vanoggend plaasgevind. Dit volg ná aktivis Michael Amushelelo ‘n dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi gebring het om die hobbels te verwyder weens die reuse-verkeersknope wat dit veroorsaak. Regter Gabriel Komboni lewer op 30…
20 Jun 6AM 1 min

Hisbolla skend skietstaking, sê Israel

Israel sê Hisbolla se skendings van die skietstaking en voortgesette aanvalle vereis voortdurende operasies in Suid-Libanon. 'n Woordvoerder van die Israelse Weermag, Effie Defrin, sê hulle sal voortgaan om teen bedreigings op te tree, en doen wat nodig is om burgers te beskerm. Defrin sê vier Israelse soldate is dood…
20 Jun 6AM 1 min

SA verskerp veldtog teen onwettige migrante

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug…
20 Jun 4AM 1 min

Intelligensie-grootkoppe kry 'uitstel' met arrestasies

Die beplande inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die hoof van intelligensie-ontleding, generaal-majoor Nozipho Madondo, is weens nasionale veiligheidskwessies afgelas. Die twee sou hulself Vrydag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria oorgee op aanklagte van bedrog, maar die proses is gestaak omdat Khumalo betrokke is by die monitor…
20 Jun 3AM 1 min