Afrika-regerings moet hulle staal teen olieprys

Loading player...
Stygende oliepryse weens die konflik in die Midde-Ooste hou verreikende gevolge vir Afrika in, waarsku kenners. Sedert Amerika en Israel twee weke gelede aangeval het, het die prys van Brent-ruolie reeds met sowat 60 persent gestyg. Ontleders meen olie sal in die afsienbare toekoms op die vlak van 100 Amerikaanse dollar per vat bly verhandel. Regerings van Afrika-lande moet sonder versuim voorberei vir die impak van duurder olie, sê Kwame Owino, die uitvoerende hoof van die Instituut vir Ekonomiese Aangeleenthede in Kenia. Hy het met CNN gepraat:
13 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA-media moet meer ingelig oor migrasie berig

Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Thandi Moraka, het die media gevra om ʼn meer ingeligte begrip van migrasie en streeksverhoudings te help bevorder. Sy het mense wat Suid-Afrika binnekom aangemoedig om immigrasiewette en -regulasies na te kom voor vandag se 46ste algemene vergadering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in…
17 Aug 6AM 1 min

Lugvaart moet proaktiewe veiligheidskultuur bou

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Burgerlugvaartowerheid, Toska Sem, het die belangrikheid beklemtoon van die versterking van lugvaartveiligheidstoesig en die bou van 'n proaktiewe veiligheidskultuur namate Namibië sy Nasionale Lugvaartveiligheidsplan ontwikkel. Sy het gepraat by die opening van 'n vyfdaagse werkswinkel van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie in Windhoek wat daarop gemik…
17 Aug 6AM 1 min

Namibië se pad na elektriese voertuie nie maklik nie, maar nodig

Namibië stel sy visier op 'n groot verskuiwing na elektriese en hibriede voertuie, met byna die helfte van alle nuwe voertuiginvoere wat teen 2030 elektries of hibried sal wees. Die voorgestelde teiken vorm deel van die konsep Nasionaal Bepaalde Bydrae, en kan meer as 13 miljard Namibiese dollar kos om…
17 Aug 6AM 1 min

Landbou-minimumloon moet veranderende produksie in ag neem

Landboukundige Wallie Roux sê die regering en alle belanghebbendes in die landbousektor moet die bedryf se huidige ekonomiese uitdagings in ag neem en 'n loonooreenkoms bereik wat billik en volhoubaar is vir beide werkgewers en plaaswerkers. Sy opmerkings volg op kommer wat deur landbou-unies geopper is oor die verpligte loon-…
17 Aug 6AM 1 min

Steenkamp sê oor Covid-19 by Delta

Die onderwysminister, dr. Sanet Steenkamp, het beklemtoon dat die standaardprosedures vir Covid-19 onveranderd bly soos wat dit destyds deur die lynministerie uitgereik is. Haar kommentaar volg op die bevestiging van 'n geval van die virus by die Delta-skoolkoshuis in Windhoek verlede week. Steenkamp het bevestig dat die skool en sy…
17 Aug 6AM 1 min