Snoete-goete: kan jou troeteldier saam emigreer?

Loading player...
Wanneer mense verhuis of selfs net met vakansie gaan, is dit nie net die tasse wat saam moet kom nie – ons troeteldiere is deel van die familie. Maar om met ’n hond, kat of selfs ’n voëltjie te reis, veral internasionaal, behels baie reëls, dokumentasie en soms selfs kwarantyn. Vandag gesels ons met Yvette Stark en Bianca Verster van Petport, ‘n geregistreerde troeteldier-reismaatskappye, oor hoe die proses werk en wat troeteldiereienaars moet weet voordat hulle met hul viervoetige vriende reis.
13 Mar 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Entrepreneurskapsreeks: die emosionele werklikheid van entrepreneurskap

Entrepreneurskap lyk van buite af dikwels glansryk – vryheid, sukses, beskikbaarheid tot jou eie tyd en die bou van ‘n nalatenskap. Maar agter die skerms lê daar ’n minder sigbare werklikheid: emosionele druk, onsekerheid, alleenheid en die konstante gewig van verantwoordelikheid. Vandag gesels Linda van der Walt van LND en…
15 Apr 6AM 11 min

Baba slaapmusiek: Wood&Whisper

Wood & Whisper is Christiaan Jacobsz (CH2) se splinternuwe projek waar hy slaapmusiek komponeer om baba's (en ouers!) te help om beter, langer en dieper te slaap. Hy verduidelik die wetenskap daaragter en vermaak ons met sy kitaartalent.
13 Apr 6AM 15 min