Rusland-ontvoering van Oekraïnse kinders 'misdaad teen mensdom'

Loading player...
Rusland het sedert 2022 stelselmatig minstens 1 200 Oekraïense kinders gedeporteer en met geweld oorgeplaas. Dit is volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Menseregteraad. Kommissaris Erik Møse sê hulle het bevind dat Russiese owerhede twee soorte misdade teen die mensdom gepleeg het: die deportasie en gewelddadige oorplasing van kinders, en gedwonge verdwynings. Hy sê baie ouers en wettige voogde weet steeds nie waar die kinders is nie:
13 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië se pad na elektriese voertuie nie maklik nie, maar nodig

Namibië stel sy visier op 'n groot verskuiwing na elektriese en hibriede voertuie, met byna die helfte van alle nuwe voertuiginvoere wat teen 2030 elektries of hibried sal wees. Die voorgestelde teiken vorm deel van die konsep Nasionaal Bepaalde Bydrae, en kan meer as 13 miljard Namibiese dollar kos om…
17 Aug 6AM 1 min

Landbou-minimumloon moet veranderende produksie in ag neem

Landboukundige Wallie Roux sê die regering en alle belanghebbendes in die landbousektor moet die bedryf se huidige ekonomiese uitdagings in ag neem en 'n loonooreenkoms bereik wat billik en volhoubaar is vir beide werkgewers en plaaswerkers. Sy opmerkings volg op kommer wat deur landbou-unies geopper is oor die verpligte loon-…
17 Aug 6AM 1 min

Steenkamp sê oor Covid-19 by Delta

Die onderwysminister, dr. Sanet Steenkamp, het beklemtoon dat die standaardprosedures vir Covid-19 onveranderd bly soos wat dit destyds deur die lynministerie uitgereik is. Haar kommentaar volg op die bevestiging van 'n geval van die virus by die Delta-skoolkoshuis in Windhoek verlede week. Steenkamp het bevestig dat die skool en sy…
17 Aug 6AM 1 min

Al hoe meer kritiek teenoor Israel oor Wesoewer

Teen middel 2026 het ten minste 33 individuele lande geteikende sanksies ingestel teen gewelddadige Israeliese setlaars, ekstremistiese buiteposte en geassosieerde finansiële netwerke in die besette Wesoewer. Met hernude geweld bly die kwessie in die nuus en die Israeliese weermag ondersteun die setlaars in die gebied. Die VN se spesiale rapporteur…
17 Aug 5AM 1 min

Saftu vra voordele vir Suid-Afrikaners uit minerale rykdom

Die vakverbond Saftu sê meer as drie dekades na apartheid word reusedele van Suid-Afrika se minerale rykdom steeds beheer volgens die logika van private verkryging. Asive Dyani van Saftu sê mynbougemeenskappe bly dikwels arm terwyl rykdom wat onder hul voete gemyn word, na korporasies, aandeelhouers en finansiële markte vloei. Sy…
17 Aug 5AM 1 min