RUDI NAGEL - Vals Beskuldigings

Loading player...
In hierdie episode van ons potgooi oor die Vrug van die Gees fokus ons op ’n belangrike tema: vals beskuldigings en hoe om dit met innerlike vrede te hanteer.

Ons gesels oor hoe dit voel om onregverdig beskuldig te word, die verskil tussen ware en vals beskuldigings, en hoe vrede—’n kernfaset van die Vrug van die Gees—ons help om met wysheid en kalmte te reageer.

Met insigte uit Jesaja 50 en ’n praktiese storie uit die alledaagse lewe, leer ons hoe om nie angstig te raak nie, maar eerder standvastig en rustig te bly, selfs wanneer ander ons verkeerd verstaan.
17 Mar Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sagtheid is nie Swakheid nie: Die Vrug van die Gees en Gentleness

In hierdie motiveringsboodskap op Radio Kaapse Kansel 729 AM gesels Rudi Nagel met Anton oor die vrug van die Gees uit Galasiërs 5:22–23 – die nege fasette van een vrug wat die Heilige Gees vir elke gelowige beskikbaar stel: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Hy…
3 Nov 9 min

Vrede te Midde van Avontuur en Eentonigheid

In hierdie motiveringsboodskap op Radio Kaapse Kansel gesels Rudi Nagel met Anton oor die vrug van die Gees, met spesifieke fokus op vrede. Hy deel sy ervaring van 'n onlangse toer deur ses provinsies saam met 12 Duitse gaste, waar hulle byna 4000 kilometer deur Suid-Afrika gereis het. Rudi vertel…
13 Oct 10 min