Ondersoek na Rovos Rail-ongeluk duur voort

Loading player...
Die treinongeluk van Rovos Rail naby Naute draai steeds in die nuus. Rovos Rail het na die ongeluk verklaar dat vloedskade aan die spoorlyn naby die dam die ongeluk, waarin twee dood is, vroeg op Sondag, 1 Maart veroorsaak het. Twee lokomotiewe en nutswaens is beskadig. Rovos Rail het onlangs weer 'n verklaring uitgereik wat passasiers gerusstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Alina Garises, die woordvoerder van TransNamib gepraat. Sy sê die ondersoek duur voort.
26 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hof het nou sê oor banke wat op huise beslag lê

Nuwe regulasies versterk beskerming vir Namibiërs wat weens agterstallige huisleningskuld die risiko loop om hul wonings te verloor. Die hervormings verhinder nie banke om op huise beslag te lê nie, maar bring groter geregtelike toesig voordat ’n primêre woning verkoop kan word. Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, het met…
16 Aug 6AM 1 min

Hardag-jeug moet regeringsinisiatiewe gebruik om werk te kry

Die voorsitter van die Hardap-streekraad, Simon Kooper, het jongmense in die streek versoek om regeringsekonomiese inisiatiewe, sake-inkubasie en befondsing soos die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds te gebruik om werkloosheid aan te pak. Hy sê hierdie inisiatiewe is daarop gemik om jeugwerkloosheid aan te spreek, plaaslike ondernemings te versterk en volhoubare landelike ekonomiese…
16 Aug 5AM 1 min

Nasionale dokumente groot uitdaging in Omuthiya

Hy sê dat Angolese wat al geslagte lank in die land is, kla dat hulle nog nie Namibiese burgerskap ontvang het nie. Angolese burgers wat in die 1970's na Namibië gekom het, kwalifiseer kragtens die Kabinet se vereistes vir burgerskap.
16 Aug 4AM 1 min

Nasionale dokumente groot uitdaging in Omuthiya

Die Omuthiya-raadslid Erastus Nekomba het in 'n terugblik op die eerste agt maande in sy amp gesê dat 'n gebrek aan nasionale dokumente onder sommige inwoners, insluitend pensioenarisse, steeds een van die uitdagings is waarmee die kiesafdeling te kampe het.
16 Aug 4AM 1 min

DA verwelkom hofuitspraak oor uitsaairegulasies

Die DA het die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom waarvolgens sleutelaspekte van Okosa se verkiesingsuitsaairegulasies ongrondwetlik en onwettig verklaar is. Ashor Sarupen van die DA sê die hof het verligting toegestaan deur 'n dringende meganisme te skep vir geskille oor politieke advertensies en partyverkiesingsuitsendings wat afgekeur is. Hy…
16 Aug 2AM 1 min