Oorstromings by Chobe-rivier veroorsaak chaos

Loading player...
Oorstromings in die noordoostelike dele van die land duur voort en die situasie is benard. Jofie Lamprecht is by die Chobe-rivier en het foto's aangestuur wat op Kosmos 94.1 se Facebook-blad gesien kan word. Die Ngoma-brug het 2 meter oor voordat hy oorstroom en sommige lodges het reeds gesluit. Wilde diere is op eilande saam met gemeenskappe en hul vee gestrand, en Lamprecht sê hy hoor berigte van 'n seekoei wat in a skool skuil.
26 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sokker: Nanso bied korporatiewe toernooi aan

Nanso bied as deel van sy #FixMySchool-veldtog dié naweerk 'n korporatiewe 7-aan-'n-kant sokkertoernooi vir onderwys aan. Nanso-woordvoerder Jessy Abraham gee meer inligting oor die doel en belangrikheid van die veldtog.
11 Apr 3AM 1 min

Dis 'Rooi Saterdag', gaan bloei!

Die Bloedoortappingsdiens hou 'n "Rooi Saterdag" om beide nuwe en gereelde bloedskenkers aan te moedig om bloed te skenk en te help om 200 tot 250 sakkies of meer te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino sê die doel is om bloedtekorte te verminder en voldoende bloedreserwes vir die land te verseker…
11 Apr 2AM 1 min

Krieket: FNB Eagles draf Oman kaf

Namibië se krieketspan lê nou vyfde op die ranglys van die Krieketwêreldbeker Liga Twee ná die FNB Eagles Vrydag met een paaltjie teen Oman in Windhoek gewen het. Namibië se Zane Green is as die Speler van die Wedstryd aangewys en het meer:
11 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Windhoek stroopsoet op Vrydagaand

Buiten vir ‘n vreemde oproep wat die Copps 94.1-span op ‘n soektog gestuur het wat niks kon oplewer nie, het Windhoek se misdaadbekampers Vrydagaand ‘n tjoepstil skof beleef. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was oudergewoonte op sy skof en doen verslag van die toneel:
11 Apr 12AM 1 min