Trump herhaal dat Iran smeek vir ooreenkoms

Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump het herhaal dat Iran smeek om 'n ooreenkoms te sluit en gesê hy los dit vir die Teheran-leiers om hom te oortuig om die oorlog te staak. Vroeër die week het Iran 'n Amerikaanse vredesplan van die hand gewys wat na bewering geëis het dat die regime sy kernprogram laat vaar en sy ballistiese missiele beperk. Trump het gister tydens 'n kabinetsvergadering in die Withuis gesê die VSA sal sy militêre veldtog voortsit as Iran nie sy kernambisies permanent laat vaar nie:
27 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPol slaggereed vir B1 Verbypad-protes

Die Namibiese polisie sê alle nodige kennisgewings is ontvang, en veiligheidsmaatreëls is in plek voor aktivis Michael Amushelelo se beplande protes môre. Die demonstrasie sal na verwagting die B1 Westerse Verbypad-korridor deur die Noordelike Industriële Gebied teiken, met organiseerders wat 'n logistieke stilstand eis om die verwydering van spoedbrekers op…
19 Jun 8AM 1 min

Bulle reg vir eindstryd, bedank Namibiese ondersteuners

Rugby: Die Bulle se afrigter Johan Ackermann sê ongeag die weer in Ierland vanaand, is hulle gereed vir Leinster in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd. Hy sê hulle gaan die geleentheid geniet en alles uithaal. Die veld op Croke Park in Dublin is glo in 'n onberispelike toestand, met 'n natuurlike 100-persent…
19 Jun 8AM 1 min

Bestuurspan vir migrante word ontwikkel - Mashatile

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering stel tans ʼn omvattende benadering in om migrante te bestuur, wat gemik is op versterkte grens-sekuriteit, toepassing van immigrasiewette, aanspreek van korrupsie en om skuiwergate toe te stop. Dis deel van ʼn groter poging om onwettige immigrasie in Suid-Afrika te hanteer. Mashatile het gister…
19 Jun 6AM 1 min

Reform UK sê na Burnham, boodskap is onveranderd - Starmer moet waai

Reaksie word ontvang op Andy Burnham se oorweldigende oorwinning in die tussenverkiesing in Makerfield. Die plaas hom terug in die parlement en baan die weg vir hom om Keir Starmer as leier van die Arbeidersparty uit te daag. Burnham het amper 25 000 stemme gekry, amper 10 000 meer as…
19 Jun 6AM 1 min

Iran-oorlog? Waaroor het dit gegaan, hulle is terug waar hulle was...

Terwyl die Trump-administrasie die memorandum van verstandhouding wat met Iran onderteken is ophemel, is nie Israel en alle Amerikaners, veral Republikeine, asook ander kritici so opgewonde daaroor nie. Jeremy Bowen, Sky News se hoogs aangeskrewe internasionale redakteur en politieke kommentator, wonder wat die Amerikaans-Israeliese oorlog met Iran nou eintlik bereik…
19 Jun 6AM 1 min