Los paniek-brandstofaankope, daar's genoeg voorraad

Loading player...
Tydens die aankonding vir die prysverhoging van petrol met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter en 'n verhoging van 4 dollar per liter vir beide grade diesel, het lynminister Modestus Amutse gewaarsku teen paniekaankope van brandstof. Hy sê dat die land tans genoeg brandstofvoorraad het om in twee maande van nasionale vraag te voldoen. Hy het vanmiddag 'n perskonferensie toegespreek:
27 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: FNB Eagles draf Oman kaf

Namibië se krieketspan lê nou vyfde op die ranglys van die Krieketwêreldbeker Liga Twee ná die FNB Eagles Vrydag met een paaltjie teen Oman in Windhoek gewen het. Namibië se Zane Green is as die Speler van die Wedstryd aangewys en het meer:
11 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Windhoek stroopsoet op Vrydagaand

Buiten vir ‘n vreemde oproep wat die Copps 94.1-span op ‘n soektog gestuur het wat niks kon oplewer nie, het Windhoek se misdaadbekampers Vrydagaand ‘n tjoepstil skof beleef. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was oudergewoonte op sy skof en doen verslag van die toneel:
11 Apr 12AM 1 min

Efundja het begin, laagliggende streke oorstroom

Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
10 Apr 11AM 1 min

Legende Tom Watson kritiseer LIV-gholfspelers se terugkeer

Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
10 Apr 11AM 1 min