Drank, en ongeregistreerde drankwinkels, in die soeklig

Loading player...
'n Onlangse studie deur die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleidalliansie van Namibië, SAAPA, dui aan dat meer as 80 persent van drankwinkels in Namibië ongeregistreer is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Verona du Preez, die voorsitter van SAAPA Namibië, gesê die studie is daarop gemik om die onderliggende risiko's wat verband hou met alkoholmisbruik te identifiseer, waarvan baie Namibiërs afhanklik is.
30 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Burnham wen, Arbeider-leierskapstryd begin

Die tafel is gedek vir 'n leierskapstryd in die Britse Arbeidersparty. Die uiters gewilde Andy Burnham het die tussenverkiesing in Makerfield met 'n oorweldigende meerderheid gewen wat hom sy setel in die parlement gee wat hy nodig het om premier Keir Starmer aan te vat. Burnham het amper 25 000…
19 Jun 1AM 1 min

Toergids gearresteer vir dood van Kanadees in Krugerwildtuin

'n Agt-en-dertigjarige privaat toergids is in hegtenis geneem nadat 'n 69-jarige Kanadese toeris in die Krugerwildtuin in Mpumalanga doogeskiet is. Die voorval het Woensdagaand by 'n konsessie- braai- en piekniekplek naby die Phabeni-hek plaasgevind. Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê 'n manlike toeris het die verdagte, wat 'n geweer vasgehou het, genader…
19 Jun 1AM 1 min

Unam lei in mango-verwerking

Plaaslik vervaardigde mangosap, mangokonfyt en ander waardetoegevoegde produkte wat deur die Universiteit van Namibië ontwikkel is, sal na verwagting binnekort op die rakke wees. Die aankondiging is gemaak tydens 'n besoek aan Unam se Katima Mulilo-kampus, waar amptenare die vordering met die Zambezi-streek se mangoverwerkingsaanleg beoordeel het. Unam se professor…
19 Jun 1AM 1 min

Skoolvoedingsprogram: Uitdagings lê sommige skole lam

Die onderwysministerie sê hy werk daaraan om die skoolvoedingsprogram te bespoedig om te verseker dat mieliemeel alle skole bereik, ná kommer dat leerders by verskeie landelike skole sonder die daaglikse maaltyd wat onder die regeringskema voorsien word, moes gaan. Vrae is geopper na berigte dat Otjivero Combined School sedert Januarie…
19 Jun 12AM 1 min

Israeliese ministers moet mooi dink voor hulle VSA, Trump beledig

Die Amerikaanse visepresident het nie teruggehou toe hy media by die Withuis toegespreek het oor die ooreenkoms met Iran nie. Dit het in Israel onder skoot gekom met verskeie ministers wat baie uitgesproke was daaroor, veral omdat Israel nie in die ooreenkoms geken is nie, en verder, die bepalings is…
19 Jun 12AM 1 min