Gauteng-burgemeesters moet BKS-pogings lei, sê DA

Loading player...
Die DA sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, en die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Vuyiswa Ramokgopa, moet burgemeesters toelaat om bek-en-klouseer-bevelstrukture op te rig wat in ooreenstemming met provinsiale pogings is. Daar is meer as 200 bevestigde gevalle in die provinsie. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê boere ondervind onsekerheid, toenemende verliese en druk, maar plaaslike regerings is nie opgewasse en betrokke om die siekte te bekamp nie:
30 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Efundja het begin, laagliggende streke oorstroom

Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
10 Apr 11AM 1 min

Legende Tom Watson kritiseer LIV-gholfspelers se terugkeer

Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
10 Apr 11AM 1 min

Enduro-kampioenskap brul weer by Itumba-baan

Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
10 Apr 10AM 1 min

Goethe-instituut se taalkompetisie was 'n wenner

Die Goethe-instituut, wat hom wêreldwyd beywer vir die aanleer van Duits, het 'n taalkompetisie op 28 Maart gehou in vennootskap met die Duitse-Namibiese Vereniging. Die doel was dat Duits-leerlinge hul vaardighede ten toon stel, met die wenners wat groot pryse losgeslaan het. Die instituut se Ingrid Barth het meer.
10 Apr 10AM 1 min