Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
Die Goethe-instituut, wat hom wêreldwyd beywer vir die aanleer van Duits, het 'n taalkompetisie op 28 Maart gehou in vennootskap met die Duitse-Namibiese Vereniging. Die doel was dat Duits-leerlinge hul vaardighede ten toon stel, met die wenners wat groot pryse losgeslaan het. Die instituut se Ingrid Barth het meer.
Die landbouministerie het vanoggend sy begroting in die parlement ter tafel gelê. Die totale begroting vir die ministerie is 1,8 miljard Namibiese dollar. Lynminister Inge Zaamwani het die befondsing om bek-en-klouseer plaaslik te verhoed uiteengesit sowel as die begroting vir grondhervorming.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.