Omgewingswaghond knor vir SA se energiebeleid

Loading player...
Die Green Connection kritiseer die regering se brandstof- en energiebeleid en noem dit onvoldoende om stygende koste en omgewingskwessies aan te spreek. Neville van Rooy van die organisasie voer aan huidige maatreëls bevorder nie volhoubare energie-alternatiewe nie en beskerm verbruikers nie teen prysstygings nie. Hy versoek die regering om langtermynstrategieë in te stel wat hernubare energie voorrgang gee en afhanklikheid van fossielbrandstowwe verminder. Hy sê hierdie maatreëls verseker bekostigbare, omgewingsverantwoordelike oplossings vir huishoudings en ondernemings:
2 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Agribank heroorweeg vereistes vir aartappelfinansiering

Agribank sê sy loodsprogram vir aartappelfinansiering wat in Maart 2025 van stapel gestuur is, toon dat baie kleinskaalse boere sukkel om aan die leningsvereistes te voldoen. Woordvoerder Fillemon Nangonya sê 26 boere het vir die tweejaar-loodsprogram aansoek gedoen, maar net vyf het gekwalifiseer na 'n deeglike ondersoekproses. Hy het aan…
18 Jun 11AM 1 min

34 000 SA werklose gekwalifiseerdes opgelei vir kiesersregistrasie

Die Verkiesingskommissie het 48-duisend-212 personeellede aangestel en opgelei om die komende naweek se spesiale kieserregistrasieproses te ondersteun. Uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het bevestig ongeveer 34-duisend van hulle is werkloos, maar gekwalifiseerd. Hy beklemtoon die rol wat verkiesingsbedrywighede speel om tydelike werk en waardevolle vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede te skep. Mamabolo sê 37-duisend aangesteldes…
18 Jun 11AM 1 min

NamPol, forum het dronkbestuur in die visier

Namibië Brouerye, die Namibië Padveiligheidsforum en die Namibiese Polisie het vandag die Bestuur Onder die Invloed Assessering- en Afdwingingsprogram van stapel gestuur. Die gesamentlike inisiatief is daarop gemik om 'n betroubare, datagedrewe beeld te skep van alkohol se impak op bestuurdersgedrag en padveiligheid in Namibië. Hoof van NamPol se verkeerswetstoepassing,…
18 Jun 10AM 1 min

Blywende versoening benodig erkenning, respek: NNN oor slawerny

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanmiddag haar hooftoespraak gelewer in Accra, Ghana by die hoëvlakkonferensie oor die volgende stappe tot die belangrike VN-resolusie oor die trans-Atlantiese handel in Afrika-slawe. Nandi-Ndaitwah sê hoewel dit 'n lang reis was, gaan Namibië voort om te pleit vir 'n omvattende en beginselvaste benadering tot die…
18 Jun 10AM 1 min

Raad van Kerke pleit vir gedienste erwe

Die Namibiese Raad van Kerke dring aan op dringende en gekoördineerde optrede om 'n verergerende behuisings- en sanitasiekrisis wat duisende gesinne reg oor die land raak, aan te spreek. Terwyl die regering se verklaring van die krisis as 'n nasionale ramp verwelkom word, sê Uhuru Dempers, sosio-ekonomiese beleidsadviseur by die…
18 Jun 10AM 1 min