Trump sê hy sal sal dalk oorlog beëindig om Amerikaners gelukkig te hou

Loading player...
Amerika se president Donald Trump het Sondag tydens tradisionele Paaseier-aktiwiteite by die Withuis aan die media gesê as dit van hom afgehang het, sou hy die oorlog teen Iran voortsit om die olie te kry en ‘n klomp geld te maak. Maar, om die Amerikaanse publiek gelukkig te hou, sal hy dit egter oorweeg om die oorlog te beëindig.
6 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderhandelinge tussen VSA en Iran, Israel en Libanon sal sukkel

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy het ingestem tot onderhandelinge met die Libanese regering. Die gesprekke sal volgende week in Washington plaasvind, terwyl die VSA en Iran in Pakistan sal ontmoet. Paul Salem, senior genoot van die Midde-Oosterse Instituut, sê gesprekke tussen die twee lande sal moeilik wees.
10 Apr 6AM 1 min

Groot afwagting vir Namibia Genetics-veiling

Op 28 April bied Agra Veilings sy Namibia Genetics-veiling by die Agra Bank Windhoek ring in Windhoek. Met nege verskillende rasse wat aangebied word is daar 'n totaal van 59 bulle en 63 vroulike diere. Vanjaar se hoogtepunt is die vyf Hereford bulle. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein,…
10 Apr 6AM 1 min

Tekort aan vlieëniers, instrukteurs raak toerisme, lugvaart

Namibië staar 'n kritieke tekort aan vlieëniers en vluginstrukteurs in die gesig, wat die lugvaartbedryf en toerisme as geheel bedreig. Dit is volgens 'n verslag deur die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging van Namibië, Aopa, wat dringende regeringsingryping versoek om die situasie te verlig. Daar is tans slegs 202 plaaslike kommersiële vlieënierlisensie-houers…
10 Apr 6AM 1 min

MVA sal sukkel met pasiënt behandelings as heffings gesny bly

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds sê die 50 persent-vermindering in die brandstofheffing wat vir drie maande ingestel is, sal lei tot 'n inkomstetekort van 74 miljoen Namibiese dollar. Die fonds vorder normaalweg sowat 48 miljoen dollar per maand uit die heffing in, met eisuitgawes van 31 miljoen dollar, wat slegs 17 miljoen dollar…
10 Apr 6AM 1 min