Starlink het nog nie formeel appelleer nie - Cran

Loading player...
Die satelliet-internetdiensverskaffer Starlink sê hulle sal appèl aanteken ná die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, se verwerping van hul aansoek om in Namibië sake te doen. In 'n verklaring beskryf Starlink die owerheid se besluit as 'n "teleurstellende uitkoms". Kosmos 94.1 Nuus het met Josephine Shigwedha van Cran gepraat, wat sê hulle het steeds nie 'n formele appèl van Starlink ontvang nie.
7 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderhandelinge tussen VSA en Iran, Israel en Libanon sal sukkel

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy het ingestem tot onderhandelinge met die Libanese regering. Die gesprekke sal volgende week in Washington plaasvind, terwyl die VSA en Iran in Pakistan sal ontmoet. Paul Salem, senior genoot van die Midde-Oosterse Instituut, sê gesprekke tussen die twee lande sal moeilik wees.
10 Apr 6AM 1 min

Groot afwagting vir Namibia Genetics-veiling

Op 28 April bied Agra Veilings sy Namibia Genetics-veiling by die Agra Bank Windhoek ring in Windhoek. Met nege verskillende rasse wat aangebied word is daar 'n totaal van 59 bulle en 63 vroulike diere. Vanjaar se hoogtepunt is die vyf Hereford bulle. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein,…
10 Apr 6AM 1 min

Tekort aan vlieëniers, instrukteurs raak toerisme, lugvaart

Namibië staar 'n kritieke tekort aan vlieëniers en vluginstrukteurs in die gesig, wat die lugvaartbedryf en toerisme as geheel bedreig. Dit is volgens 'n verslag deur die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging van Namibië, Aopa, wat dringende regeringsingryping versoek om die situasie te verlig. Daar is tans slegs 202 plaaslike kommersiële vlieënierlisensie-houers…
10 Apr 6AM 1 min

MVA sal sukkel met pasiënt behandelings as heffings gesny bly

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds sê die 50 persent-vermindering in die brandstofheffing wat vir drie maande ingestel is, sal lei tot 'n inkomstetekort van 74 miljoen Namibiese dollar. Die fonds vorder normaalweg sowat 48 miljoen dollar per maand uit die heffing in, met eisuitgawes van 31 miljoen dollar, wat slegs 17 miljoen dollar…
10 Apr 6AM 1 min