Klein en mediumgrootte ondernemings word aangemoedig om aankoopkollektiewe te vorm om invoerkoste te verminder en winsgewendheid te verbeter, aangesien kommer oor doeane- en aksynsbelasting steeds die groeiende "bestel-met-my"-sakesektor beïnvloed. Direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, sê terwyl doeanebelasting 'n normale inkomstemeganisme vir regerings wêreldwyd is, kan entrepreneurs koste verlaag deur…
'n Senior FNB-ekonoom, Koketso Mano, sê enige langdurige ontwrigting van fisiese energievoorrade bied 'n belangrike opwaartse risiko oor die kort termyn. Suid-Afrika se verbruikersinflasiekoers het in Mei vanjaar tot 4,5-persent gestyg, teenoor 4-persent in April. In Namibië het dit van 3,1 tot 4,1 persent gespring. Mano sê die heersende oorherstel…
Die Swakopmund Munisipaliteit het sy oortyduitgawes verdedig nadat onthul is dat byna 19,9 miljoen Namibiese dollar aan oortyd betaal is gedurende die 2024/25 finansiële jaar. Woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste van die oortyd gekoppel is aan noodsaaklike dienste soos water- en rioolonderhoud, brandbestryding,…
Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, wat die sewende man sal word wat ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi indien hy hierdie week die Amerikaanse Ope wen, sê hy sal dit nie as ʼn mislukking beskou as hy nie wen nie. Die 29-jarige Amerikaner is reeds ʼn viermalige major-kampioen. Hy spog reeds met twee…
AfriForum is optimisties oor die landbousektor ná die DA se voorgestelde kabinetskommeling in die regering van nasionale eenheid, wat Willie Aucamp as die voorgestelde nuwe minister van Landbou insluit. Die organisasie glo die moontlike verandering is 'n positiewe stap om die bek-en-klouseer-krisis, wat swak bestuur is, aan te pak. Lambert…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.