DA kritiseer Lesufi oor nuwe LUR vir Gesondheid

Loading player...
Die DA verwelkom die verwydering van die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, maar waarsku die aanstelling van Faith Mazibuko toon premier Panyaza Lesufi stel kaderontplooiing bo bevoegdheid. Die DA-lid Jack Bloom noem Mazibuko se onindrukwekkende rekord en omstrede verlede, insluitend duur regsooreenkomste, as redes waarom die departement waarskynlik nie sal verbeter nie. Hy het beloof om haar te ondersoek en aanspreeklik te hou vir mislukkings wat pasiënte raak:
7 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jhb-polisie vind onderneming wat vervalle voedsel weer verpak, en verkoop

Die Johannesburgse Metropolisie het tydens 'n hoë-impak operasie, 'n onwettige onderneming in die middestad ontdek wat voedsel wat verval het, heretiketteer, en ook vermoedelik met gesteelde munisipale kabels handel dryf. Daar word beweer vervaldatums op voedselverpakking word met chemiese stowwe verwyder en met vervalste etikette vervang. Woordvoerder van JMPD, Xolani…
18 Jun 2AM 1 min

Rwanda sê Afrika moet as geheel migrasie aanspreek

Rwanda se minister van Buitelandse Sake en Internasionale Samewerking, Olivier Nduhungirehe, sê besprekings moet op die onderliggende oorsake van immigrasie fokus, eerder as om die skuld op een land te pak. Dit volg na onlangse betogings teen immigrasie in dele van Suid-Afrika waar spanning oor ongedokumenteerde migrante opgevlam het. Nduhungirehe,…
18 Jun 2AM 1 min

Saftu veroordeel 30 Junie sperdatum vir migrante

Georganiseerde arbeid sê migrante moet nie blameer word vir Suid-Afrika se ekonomiese probleme nie. Die sektor glo werkloosheid en armoede word veroorsaak deur ekonomiese mislukkings, korrupsie en swak regering. Vakbondfederasies waarsku toenemende anti-migrantesentiment verdeel werkers en mag nie tot geweld of vergeldingsaanvalle lei nie. Die algemene sekretaris van die vakbondfederasie…
18 Jun 1AM 1 min

Gilgo Beach-moordenaar lewenslank agter tralies

Die Amerikaanse man wat skuldig gepleit het op die sogenaamde Gilgo Beach-moorde, is tot lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool gevonnis. Die 62-jarige Rex Heuermann het erken dat hy oor byna twee dekades agt vroue op New York se Long Island vermoor het. Baie van die slagoffers se ledemate…
18 Jun 1AM 1 min

Rundu-sokkerklub palm vastelandwye erkenning in

Die Rundu-gebaseerde Julinho Athletic Football Club het vastelandwye erkenning verwerf nadat hy as een van slegs twee wenklubs in Fifa se finale Essential Courses in Club Management – African Edition aangewys is. Mede-eienaar Norton Luis het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die klub se projek, 'Die bou…
18 Jun 12AM 1 min