Parlement verdaag vroeg na Uerikua-afsterwe

Loading player...
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vandag die Huis vroeg verdaag tot môre namiddag. Dit volg op die tragiese afsterwe van die Swapo-parlementslid James Uerikua verlede week, saam met sy 14-jarige seun. Die sitting sal môre hervat word na die staatsrede deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kuugongelwa-Amadhila is aan die woord.
7 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hardag-jeug moet regeringsinisiatiewe gebruik om werk te kry

Die voorsitter van die Hardap-streekraad, Simon Kooper, het jongmense in die streek versoek om regeringsekonomiese inisiatiewe, sake-inkubasie en befondsing soos die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds te gebruik om werkloosheid aan te pak. Hy sê hierdie inisiatiewe is daarop gemik om jeugwerkloosheid aan te spreek, plaaslike ondernemings te versterk en volhoubare landelike ekonomiese…
16 Aug 5AM 1 min

Nasionale dokumente groot uitdaging in Omuthiya

Hy sê dat Angolese wat al geslagte lank in die land is, kla dat hulle nog nie Namibiese burgerskap ontvang het nie. Angolese burgers wat in die 1970's na Namibië gekom het, kwalifiseer kragtens die Kabinet se vereistes vir burgerskap.
16 Aug 4AM 1 min

Nasionale dokumente groot uitdaging in Omuthiya

Die Omuthiya-raadslid Erastus Nekomba het in 'n terugblik op die eerste agt maande in sy amp gesê dat 'n gebrek aan nasionale dokumente onder sommige inwoners, insluitend pensioenarisse, steeds een van die uitdagings is waarmee die kiesafdeling te kampe het.
16 Aug 4AM 1 min

DA verwelkom hofuitspraak oor uitsaairegulasies

Die DA het die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom waarvolgens sleutelaspekte van Okosa se verkiesingsuitsaairegulasies ongrondwetlik en onwettig verklaar is. Ashor Sarupen van die DA sê die hof het verligting toegestaan deur 'n dringende meganisme te skep vir geskille oor politieke advertensies en partyverkiesingsuitsendings wat afgekeur is. Hy…
16 Aug 2AM 1 min

Kariba-tragedie: Afrika-leiers moet sorg vir veilige infrastruktuur

Die African Unite Borders Bus Trucks Association doen 'n beroep op Afrika-leiers om in te gryp na die Karibameer-veerboottragedie in Zimbabwe. Vier-en-veertig mense is dood toe 'n oorlaaide veerboot Dinsdag naby Long Island omgeslaan het, met baie mense wat steeds vermis word. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumudzo, sê…
16 Aug 2AM 1 min