Die vakbondfederasie Cosatu doen 'n beroep op verhoogde regeringsbefondsing vir getuiebeskermingsprogramme, aangesien huidige hulpbronne nie voldoende beskerming bied vir verklikkers wat korrupsie en wangedrag blootlê nie. Die federasie verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat vir openbare kommentaar gepubliseer is, en beskryf dit as 'n positiewe stap in die versterking…
Die Britse regering het onderneem om 2,5 persent van die BBP teen 2027 aan verdediging te bestee. Die land se minister van verdedigingsgereedheid en nywerheid, Luke Pollard, sê aan Sky News die tempo is goed veral met ‘n bykomende 5 miljard pond wat vanjaar toegeken is en die teiken om…
Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, in samewerking met FirstRand Group en die Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad, sal 'n tweedaagse werkswinkel vir olie- en gasverskaffers van 21 tot 22 April in Windhoek aanbied. 'n Tweede werkswinkel sal in Augustus in Walvisbaai aangebied word. Dit is in ooreenstemming met Petrofund se mandaat…
Die landbou-organisasie, TLU SA doen 'n beroep op die publiek om pogings te ondersteun wat boere se geestesgesondheid bevorder. Die pleidooi volg op die 'kus-tot-kus vir boere'-veldtog, waartydens 'n span van kus tot kus per jetski gereis het wat die druk wat boere moet verwerk uitgelig het, insluitend markonsekerheid, stygende…
AfriForum moedig ouers, onderwysers en belanghebbendes aan om terugvoer in te dien oor die Departement van Basiese Onderwys se voorgestelde nuwe geskiedeniskurrikulum vir Graad 1 tot 12 wat op 20 Maart in die Staatskoerant gepubliseer is. Alana Bailey van AfriForum beklemtoon geskiedenis moet objektief aangebied word om kritiese denke, empatie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.