Orion presteer uiters goed gedurende sending

Loading player...
NASA se hoof van eksplorasie-ontwikkeling, dr. Lori Glaze sê Orion presteer uiters goed tydens die Artemis II-sending. NASA het ‘n perskonferensie gehou rakende die sending. Volgens Glaze het die stelsels so goed vertoon dat Orion weer in die volgende twee jaar, twee sendings kan voltooi.
8 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Indonesiese visserman aan Kaapse Suidkus deur paramedici ontruim

'n Indonesiese bemanningslid sterk aan in 'n Kaapstadse hospitaal nadat hy aan die Kaapse Suidkus vanaf 'n houerskip gered is. Reddingspanne van die Nasionale Seereddingsinstituut in Hermanus en ER24-paramedici het gereageer op berigte van 'n ernstige mediese noodgeval naby Walkerbaai. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, sê die pasiënt was…
17 Jun 11PM 1 min

Verstandhouding met Iran deur presidente onderteken

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdagaand die VSA se memorandum van verstandhouding onderteken en so ook deur Iran se president Masoud Pezeshkian. Die ooreenkoms van 14 paragrawe sê Iran sal nooit 'n kernwapen hê nie, en is verbind tot 'n fonds van 300 miljard Amerikaanse dollar vir die heropbou en…
17 Jun 11PM 1 min

SA landbousektor 'wag en kyk oor minister-verandering'

Die Vryheidsfront Plus sê die landbousektor wag om te sien of die voorgestelde leierskapsverandering in die landbouministerie 'n verbetering gaan wees. Die party sê berigte dat die voormalige DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, moontlik met Willie Aucamp vervang kan word, het die sektor in onsekerheid gedompel. Wynand Boshoff…
17 Jun 11AM 1 min

Aanvalle op Iran kan hervat, waarsku Trump

Amerikaanse president Donald Trump waarsku dat die Iran-ooreenkoms, wat Vrydag formeel in Switserland onderteken gaan word, nie finaal is nie. Hy het aan joernaliste by die G7-beraad in Frankryk gesê Amerika kan aanvalle hervat as die Iranese hulself nie gedra nie. Luister self.
17 Jun 11AM 1 min