
Foto wat fondse insamel vir die Teaterbystandsfonds, kry tuiste by NWU
Loading player...
Kurator by die NWU Galery, Potchefstroom kampus, Sheryl Msomi sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel oor ‘n foto wat ‘n werklike verskil gemaak het in die lewens van kunstenaars en teatermakers in ons land. Die foto geneem deur Pieter Lomaard is vir fondsinsameling doeleindes gebruik om ‘n brydae te maak aan die Teaterbystandsfonds. Verder is die NWU ook nou die amptelike bewaarder van Momentum Aardklop se permanente uitstalling, ‘n idee wat Nataniël lewe gegee het.

