Gelyke indiensneming draai in Konstitusionele Hof

Loading player...
Sakeliga en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het hul saak teen gelyke indiensnemingskwotas na die Konstitusionele Hof geneem in 'n finale poging om dringende verligting te kry. Die sakegroepe probeer om 'n laerhof beslissing om te keer wat geweier het om die nuwe regulasies op te skort. Die nuwe regulasies dwing maatskappye met 50 of meer werknemers, om streng ras- en geslagsaanstellingsdoelwitte toe te pas. Anton Meijer van Sakeliga meen die reëls kan swaar nakomingslaste op ondernemings plaas:
11 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAOG moet stryd teen honger versterk

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gevra om die stryd teen honger te versterk. Die minister het in sy afsluitingsrede tydens die vergadering van die SAOG-ministersraad in Durban, KwaZulu-Natal, die vordering geloof wat Tanzanië, Zambië, Zimbabwe en Namibië gemaak het in hul pogings…
16 Aug 12AM 1 min

Bulle het geleentheid teen All Blacks: Ackerman

Rugbynuus word oorheers deur vandag se wedstryd tussen die Blou Bulle en die All Blacks op Loftus Versfeld in Pretoria. Dit is die derde wedstryd in die All Blacks se Suid-Afrikaanse “Rugby's Greatest Rivalry”-toer, en dien as 'n opwarming voordat Nieu-Seeland teen die Springbokke speel. Die Bulle se hoofafrigter, Johan…
15 Aug 6AM 1 min

Trump-beleid nie negatief vir Namibië: Koedoe Eksteen

Voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië, dr. Riaan Eksteen, het beklemtoon dat die Amerikaanse president Donald Trump se benadering tot buitelandse beleid nie negatief vir Namibië is nie. Dit is tensy Namibië beleide volg en aksies neem wat teen die VSA se nasionale belang sou wees, veral met betrekking tot Kuba…
15 Aug 6AM 1 min

DA druk Gayton oor projekte se R3 miljoen

Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, om saam te werk met 'n voortgesette ondersoek na sowat drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir Sentraal-Karoo-projekte ingesamel is tydens sy termyn as burgemeester. Dave Bryant van die party sê die provinsiale regering probeer…
15 Aug 5AM 1 min