Kamala Harris oorweeg Withuis in 2028

Loading player...
Die voormalige vise-president van Amerika, Kamala Harris, sê sy oorweeg om weer in 2028 as presidensiële kandidaat vir Amerika te staan. Sy het dié aankondiging tydens ’n vergadering van die National Action Network, ’n burgerregte-organisasie in die VSA, gemaak toe sy pertinent daaroor gevra is. Harris het die 2024-verkiesing teen Donald Trump verloor, wat beide die gewilde stem en die Kieskollege gewen het. Sy het voorheen gedien as vise-president onder Joe Biden, asook Amerikaanse senator en prokureur-generaal van Kalifornië.
12 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAOG moet stryd teen honger versterk

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gevra om die stryd teen honger te versterk. Die minister het in sy afsluitingsrede tydens die vergadering van die SAOG-ministersraad in Durban, KwaZulu-Natal, die vordering geloof wat Tanzanië, Zambië, Zimbabwe en Namibië gemaak het in hul pogings…
16 Aug 12AM 1 min

Bulle het geleentheid teen All Blacks: Ackerman

Rugbynuus word oorheers deur vandag se wedstryd tussen die Blou Bulle en die All Blacks op Loftus Versfeld in Pretoria. Dit is die derde wedstryd in die All Blacks se Suid-Afrikaanse “Rugby's Greatest Rivalry”-toer, en dien as 'n opwarming voordat Nieu-Seeland teen die Springbokke speel. Die Bulle se hoofafrigter, Johan…
15 Aug 6AM 1 min

Trump-beleid nie negatief vir Namibië: Koedoe Eksteen

Voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië, dr. Riaan Eksteen, het beklemtoon dat die Amerikaanse president Donald Trump se benadering tot buitelandse beleid nie negatief vir Namibië is nie. Dit is tensy Namibië beleide volg en aksies neem wat teen die VSA se nasionale belang sou wees, veral met betrekking tot Kuba…
15 Aug 6AM 1 min

DA druk Gayton oor projekte se R3 miljoen

Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, om saam te werk met 'n voortgesette ondersoek na sowat drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir Sentraal-Karoo-projekte ingesamel is tydens sy termyn as burgemeester. Dave Bryant van die party sê die provinsiale regering probeer…
15 Aug 5AM 1 min