SA se regters nes plaaslik, ook onder geweldige druk, 302 uitsprake wag

Loading player...
Die Kantoor van die Hoofregter het bevestig dat die regbank onder druk is aangesien 302 hofuitsprake nou amptelik laat is, die hoogste syfer sedert 2018. Sommige sake word vir meer as vier jaar vertraag. Die koördineerder van Judges Matter, Alison Tilley, sê die stygende werklas het steeds 'n uitwerking op afleweringstye in howe, insluitend die Konstitusionele Hof. Sy het aan Newzroom Afrika gesê die regbank spreek agterstande en omkeertye aan:
13 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bulle het geleentheid teen All Blacks: Ackerman

Rugbynuus word oorheers deur vandag se wedstryd tussen die Blou Bulle en die All Blacks op Loftus Versfeld in Pretoria. Dit is die derde wedstryd in die All Blacks se Suid-Afrikaanse “Rugby's Greatest Rivalry”-toer, en dien as 'n opwarming voordat Nieu-Seeland teen die Springbokke speel. Die Bulle se hoofafrigter, Johan…
15 Aug 6AM 1 min

Trump-beleid nie negatief vir Namibië: Koedoe Eksteen

Voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië, dr. Riaan Eksteen, het beklemtoon dat die Amerikaanse president Donald Trump se benadering tot buitelandse beleid nie negatief vir Namibië is nie. Dit is tensy Namibië beleide volg en aksies neem wat teen die VSA se nasionale belang sou wees, veral met betrekking tot Kuba…
15 Aug 6AM 1 min

DA druk Gayton oor projekte se R3 miljoen

Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, om saam te werk met 'n voortgesette ondersoek na sowat drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir Sentraal-Karoo-projekte ingesamel is tydens sy termyn as burgemeester. Dave Bryant van die party sê die provinsiale regering probeer…
15 Aug 5AM 1 min

Trump wil Straat van Hormuz VSA-grondgebied verklaar

Amerikaanse president Donald Trump het Vrydag tydens 'n saamtrek in New York beloof om die Straat van Hormuz as Amerikaanse grondgebied te verklaar, terwyl Iran en die VSA bots oor beheer oor die sleutelwaterweg. Ontleders sê dit moet met 'n knippie sout geneem word, want die seestraat is 'n internasionale…
15 Aug 4AM 1 min