
Brittanje moet eerder op sy eie oliebronne fokus
Loading player...
Die leier van die Konserwatiewe Party Kemi Badenoch sê dit is nie duidelik wat Amerikaanse president Donald Trump se strategie is rakende die blokkade van die Straat van Hormuz nie en sê dat die Verenigde Koninkryk daarom nie betrokke moet raak nie. Premier Keir Starmer het reeds gesê Brittanje is nie betrokke by die aksie nie. Badenoch sê die land moet eerder op sy eie bronne fokus.

