LP's bring hulde aan James Uerikua in spesiale sitting

Loading player...
Die parlement het vanmiddag 'n spesiale sitting gehou ter ere van Swapo-parlementslid en voormalige Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua. Hy is oor die Paasnaweek in 'n motorongeluk saam met sy 14-jarige seun oorlede. AR-parlementslid Ester Haikola-Sakaria het Uerikua geprys vir sy diep toewyding aan regering.
14 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA-leier sê jeug moet registreer om te stem

Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, doen ʼn beroep op alle jongmense om te registreer en ʼn Suid-Afrika te bou wat vir almal werk. Hy het gister die party se Rock the Registration Jeugdag-saamtrek in Durban, KwaZulu-Natal, toegespreek. Die Verkiesingskommissie bied die naweek geleentheid om as kiesers te registreer as voorbereiding vir…
17 Jun 3AM 1 min

Israel en Hisbolla baklei te lank, te veel dood - Trump

President Donald Trump van Amerika het Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gekritiseer en sê hy moet “verantwoordeliker” optree in Libanon. Sowat 27 mense is die afgelope 24 uur in Israelse lugaanvalle in Libanon dood, wat die dodetal op 3 783 te staan bring. Amerika en Iran het ʼn ooreenkoms…
17 Jun 3AM 1 min

Ovaherero-gemeenskap verwerp Hütte se aanmerkings

Professor Mutjinde Katjiua, hoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, sê sy gemeenskap is steeds gekant teen die Namibië-Duitsland Gesamentlike Verklaring oor die volksmoordkwessie, en dring daarop aan dat dit nie aan die VN se standaarde vir herstelbetalings voldoen nie. Dit kom nadat die uitgaande Duitse ambassadeur Thorsten Hütter gesê het…
17 Jun 3AM 1 min

Bok-hulpafrigter sê Barbarians is bedreiging

Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, sê die Barbarians se unieke identiteit en oorvloed van wêreldklas-talent maak van hulle 'n bedreiging wat enige internasionale span kan laat struikel. Die Bokke sal Saterdag in Gqeberha teen die Barbarians uitdraf, wat die All Blacks-legende, TJ Perenara, en die Suid-Afrikaans gebore Skotse vleuel, Duhan van der…
17 Jun 3AM 1 min

Xenofobie gedryf deur politieke en ekonomiese toestande

Kopanong Africa Against Xenophobia waarsku dreigemente en vrees sal nie die immigrasiekrisis oplos nie. Dit word volgens hulle gedryf word deur dieper politieke en ekonomiese toestande in die streek. Dit volg te midde van 'n toename in teen-migrante-betogings en xenofobiese geweld, wat daartoe gelei het dat lande soos Malawi, Nigerië…
17 Jun 2AM 1 min