Sankwasa beoefen selektiewe verantwoordbaarheid

Loading player...
Druk neem toe om verantwoordbaarheid op plaaslike regeringsvlak te verseker, met stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, wat munisipaliteite opdrag gegee het om die name van raadslede met uitstaande water- en elektrisiteitsrekeninge teen 16 April in te dien. Dit kom te midde van kommer dat sommige raadslede steeds dienste ontvang ten spyte daarvan dat hulle duisende skuld, terwyl gewone inwoners afsluitings oor veel kleiner bedrae in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het met regeringskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê hierdie opdrag moet ook op top-regeringsvlak van toepassing wees.
15 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Almal, ook privaatsektor, moet toetree teen werkloosheid

President Cyril Ramaphosa sê alle belanghebbendes in die land moet saamwerk om volhoubare oplossings te bied om werkloosheid onder jongmense te verminder. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer staan nou op 32,7-persent, terwyl 4,7-miljoen jongmense wat kan werk, werkloos bly. In die hooftoespraak by die Nasionale Jeugdag-herdenking in Johannesburg gister, het Ramaphosa…
17 Jun 1AM 1 min

NNN reis na Ghana, dan Tanzanië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vertrek vandag na Ghana om deel te neem aan 'n belangrike internasionale konferensie oor herstellende geregtigheid vir die afstammelinge van Afrikane wat as slawe weggevoer is. Daarna sal sy na Tanzanië reis vir 'n staatsbesoek om diplomatieke en ekonomiese samewerking te versterk. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo sê…
17 Jun 1AM 1 min

Pap, sop, winterwater nat... en koud

Die winter is hier... wind, koue en wolkies in die lug. Meteoroloog Albertina Anderson van die Windhoek-weerdiens het vandag se voortuitsigte.
17 Jun 1AM 1 min

Vitol: Het korrupsie en wanbestuur ons N$7,5 miljard gekos?

Namcor wat misluk het om die drie-maande eksklusiewe brandstofverskaffer-kontrak te kry wat aan Vitol toegeken is, bly onder die loep. Die staatsbeheerde maatskappy sê dat hy Vitol se aanstelling ondersteun, weens sy onvermoë om brandstofvoorsiening vir die volgende drie maande met vertroue te waarborg te midde van finansiële uitdagings, vermoedelik…
17 Jun 12AM 1 min