Beskerming en benutting van biologiese hulpbronne in die soeklig

Loading player...
Die omgewingsministerie het 'n beroep gedoen op streng afdwinging van die raamwerk vir toegang en voordeel-deling om Namibië se biologiese hulpbronne te benut en te beskerm. Uitvoerende direkteur in die ministerie, Sikongo Haihambo, het tydens 'n toegang-en-voordeeldeling-opleidingsessie onthul dat Namibië se biohandelsektor 4,5 persent tot die nasionale ekonomie bydra, met die land se duiwelsklou wat 90 persent van die wêreldmark voorsien.
15 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Almal, ook privaatsektor, moet toetree teen werkloosheid

President Cyril Ramaphosa sê alle belanghebbendes in die land moet saamwerk om volhoubare oplossings te bied om werkloosheid onder jongmense te verminder. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer staan nou op 32,7-persent, terwyl 4,7-miljoen jongmense wat kan werk, werkloos bly. In die hooftoespraak by die Nasionale Jeugdag-herdenking in Johannesburg gister, het Ramaphosa…
17 Jun 1AM 1 min

NNN reis na Ghana, dan Tanzanië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vertrek vandag na Ghana om deel te neem aan 'n belangrike internasionale konferensie oor herstellende geregtigheid vir die afstammelinge van Afrikane wat as slawe weggevoer is. Daarna sal sy na Tanzanië reis vir 'n staatsbesoek om diplomatieke en ekonomiese samewerking te versterk. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo sê…
17 Jun 1AM 1 min

Pap, sop, winterwater nat... en koud

Die winter is hier... wind, koue en wolkies in die lug. Meteoroloog Albertina Anderson van die Windhoek-weerdiens het vandag se voortuitsigte.
17 Jun 1AM 1 min

Vitol: Het korrupsie en wanbestuur ons N$7,5 miljard gekos?

Namcor wat misluk het om die drie-maande eksklusiewe brandstofverskaffer-kontrak te kry wat aan Vitol toegeken is, bly onder die loep. Die staatsbeheerde maatskappy sê dat hy Vitol se aanstelling ondersteun, weens sy onvermoë om brandstofvoorsiening vir die volgende drie maande met vertroue te waarborg te midde van finansiële uitdagings, vermoedelik…
17 Jun 12AM 1 min