
Agtste energiekonferensie open in hoofstad
Loading player...
Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin. Dit is een van Namibië se belangrikste jaarlikse energiegeleenthede en is daarop gemik om beleidmakers, bedryfsleiers, beleggers en internasionale vennote bymekaar te bring om besprekings te voer oor die ontwikkelende energielandskap van die land. Die 2026-uitgawe fokus op Namibië se oorgang van energie-eksplorasie na ontwikkeling en produksie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die 8ste uitgawe vanoggend geopen en melding gemaak van die Midde-Oosterse oorlog.

