
Slenter duik reeds in NamPol-konstabelwerwing op
Loading player...
Die Namibiese polisie werf 1 000 kadetkonstabels maar ‘n slenter het reeds sy kop uitgesteek. Aansoekers sonder 'n kriminele rekord kan aansoeke teen 13 Mei via hul naaste polisiestasie indien. Meer besonderhede is op NamPol se Facebook-blad en webwerf. Nampol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar nie vir aansoeke of poste betaal word nie, en dring daarop aan dat aansoekers waaksaam moet wees teen bedrog.

