
Chevron gaan nog 'n eksplorasieput in Oranje-kom boor
Loading player...
Die Amerikaanse energiemaatskappy Chevron het aangekondig dat hy later vanjaar nog 'n eksplorasieput in die Oranje-kom sal boor. Landbestuurder Beatrice Bienvenu het vanoggend by die Namibië Internasionale Energiekonferensie gesê die maatskappy beoog om sy bedrywighede in Namibië verder uit te brei. Chevron bedryf tans twee eksplorasieblokke in die land, PEL 90 in die Oranje-kom en PEL 82 in die Walvis-kom.

