
EFF sal voortgaan ongeag sy vonnis, sê Julius
Loading player...
EFF-leier Julius Malema sê die party sal voortgaan ongeag die uitkoms van sy vonnisoplegging in die Oos-Londense Landdroshof in KuGompo City in die Oos-Kaap. Dit volg op sy voorvonnis-verrigtinge nadat hy skuldig bevind is aan oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer. Vonnisoplegging word môreoggend verwag. Malema, wat deur familielede ondersteun is, het AfriForum beskuldig dat hulle hom teiken en gesê die EFF bly verenig en verbind tot sy doelwit:

