
Withuis bevestig planne om onderhandelings met Iran te hervat
Loading player...
Die Withuis sê dat berigte dat die VSA versoek het om die wapenstilstand met Iran, wat volgende week sal verstryk te verleng, nie waar is nie. Planne om vredesonderhandelinge te hervat is egter steeds "produktief en aan die gang”. Withuis perssekretaris Karoline Leavitt het by 'n mediasessie gesê planne vir in-persoon gesprekke met Iran word steeds bespreek. Dit kom terwyl 'n afvaardiging van Pakistan, wat as bemiddelaar optree, reeds in Teheran aangekom het. Luister na Leavitt:

