Gauteng moet BKS-plan skep - DA

Loading player...
Die DA in Gauteng het 'n mosie in die Gautengse provinsiale wetgewer ter tafel gelê om die uitwerking van bek-en-klouseer op boere en voedselsekerheid te bespreek. Die DA-woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, eis 'n duidelike inentingsplan en 'n openbare inligtingspaneelbord om gevalle op te spoor. Die mosie versoek ook die LUR, Vuyiswa Ramakopga, om deursigtigheid verbeter. Engelbrecht is aan die woord:
15 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rasgebaseerde beleid beperk Starlink - Solidariteit

Solidariteit sê Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide beperk toegang tot bekostigbare internet, veral in plattelandse en onderbediende gemeenskappe. Die vakbond voer aan beperkings verbonde aan swart ekonomiese bemagtiging en lisensiëringsreëls, vertraag die bekendstelling van dienste soos entrepreneur Elon Musk se Starlink. Dirk Hermann van Solidariteit sê miljoene mense bly uitgesluit van…
16 Apr 2AM 1 min

Starmer sê Iran-oorlog is nie in Britse belang nie

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê hy gaan nie toegee aan druk van president Donald Trump om by Amerika en Israel se oorlog teen Iran aan te sluit nie. Trump kritiseer Starmer omdat hy geweier het om deel te neem toe die oorlog in Februarie begin het. Trump dreig…
16 Apr 1AM 1 min

DA verwelkom Meyer se aanstelling in VSA

Die DA sê Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika is ʼn goeie keuse, gegewe die behoefte aan ervare diplomasie om die gespanne verhouding tussen die twee lande te herstel. Die 78-jarige ervare onderhandelaar volg Ebrahim Rasool op, wat verlede jaar uit Amerika geskop is. Ryan Smith…
16 Apr 1AM 1 min

The Collective plaas sport op voorgrond

Ogilvy Namibia en The Collective het 'n vennootskap aangegaan om sport in Namibië te bevorder deur spelers en afrigters te ondersteun. Adjunk-sportminister Dino Balotti het die organisasies aangespoor om ook atlete in nedersettings te help want die bevoorregte spelers is nie noodwendig die beste wat die land kan aanbied nie.
16 Apr 1AM 1 min

Navorsing toon grade is meer algemeen, maar minder waardevol

Namibië se uitbreiding van toegang tot onderwys het beduidende vordering getoon, maar 'n groeiende wanverhouding tussen kwalifikasies en ekonomiese vraag wek kommer. Namate toenemende getalle gegradueerdes 'n arbeidsmark betree wat hulle nie kan absorbeer nie, wys kenners op "bevoegdheidsinflasie", waar grade meer algemeen maar minder waardevol is. Intussen staar sleutelgroeisektore…
16 Apr 1AM 1 min