
The Collective plaas sport op voorgrond
Loading player...
Ogilvy Namibia en The Collective het 'n vennootskap aangegaan om sport in Namibië te bevorder deur spelers en afrigters te ondersteun. Adjunk-sportminister Dino Balotti het die organisasies aangespoor om ook atlete in nedersettings te help want die bevoorregte spelers is nie noodwendig die beste wat die land kan aanbied nie.

