DA-leier Hill-Lewis verwelkom Malema se vonnis

Loading player...
In Suid-Afrika verwelkom DA-leier Geordin Hill-Lewis die vonnisoplegging in EFF-leier Julius Malema se vuurwapensaak en sê dit versterk die oppergesag van die reg, en bewys niemand bo die Grondwet verhewe is nie. Hy sê vuurwapen-geweld bly 'n ernstige probleem en onwettige vuurwapenmisdrywe moet sterk gevolge dra. Hill-Lewis voeg by die vonnis van vyf-jaar tronkstraf is 'n positiewe stap om aanspreeklikheid te versterk:
16 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oorskot van KZN-man uit Rusland gerepatrieer

Die oorskot van 'n man van KwaZulu-Natal, wat na bewering met werksbeloftes na Rusland gelok is, is na Suid-Afrika teruggebring. Sihle Makhaye was onder 'n groep Suid-Afrikaners wat in Julie verlede jaar vir sekuriteitswerk gewerf is, maar in plaas daarvan gevra is om 'n jaarkontrak te teken om aan die…
16 Jun 11AM 1 min

Iran sal nie kernwapen kry, of hel sal op hulle reën: Trump

Amerikaanse president Donald Trump het by die G7-spitsberaad in Frankryk gepraat en dring daarop aan dat die Straat van Hormuz "tolvry" sal oopmaak ingevolge die VSA se ooreenkoms met Iran om die oorlog te beëindig. Hy het ook gesê Iran sal "nooit 'n kernwapen hê nie" en het Israel oor…
16 Jun 11AM 1 min

Vier dié maand kankeroorlewendes se vasbyt, durf

Junie is kankeroorlewendes se maand, 'n tyd om veerkragtigheid te eer, versorgers te ondersteun en die voortdurende uitdagings wat na behandeling in die gesig gestaar word, uit te lig. Die Kankervereniging van Namibië sê oorlewendes verdien erkenning vir elke mylpaal, met hoof uitvoerende beampte Rolf Hansen wat hulle aanmoedig om…
16 Jun 10AM 1 min

Namibiërs in SA is veilig: Ashipala-Musavyi

Internasionale betrekkinge-minister Selma Ashipala-Musavyi het Namibiërs verseker dat burgers wat in Suid-Afrika woon en reis veilig bly, ten spyte van Sondag se beweerde kaping van 'n Namibiese passasiersbus in Johannesburg wat reisigers gestrand gelaat het. Sy het vanmiddag die Nasionale Vergadering toegespreek en die voorval as geïsoleerd beskryf en nie…
16 Jun 10AM 1 min