
DA kap Malema oor landdros-belediging
Loading player...
Die DA sê EFF-leier Julius Malema se opmerkings na vonnisoplegging hou die gevaar in om die publiek se vertroue in die regbank te ondermyn. Die party sê Malema se beskrywing van landdros Twanet Olivier in die KuGompo City-hof as 'n rassis, is 'n ongegronde bewering wat vertroue in die regstelsel kan ondermyn. DA-woordvoerder Glynnis Breytenbach sê openbare aanvalle op regs-amptenare is roekeloos en bedreig die oppergesag van die reg:

