
Ramaphosa loop deur oor Roelf Meyer
Loading player...
ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die voormalige Nasionale Party-politikus Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika ontbloot die omvang van president Cyril Ramaphosa se beheptheid met toenadering tot wit nasionaliste. Woordvoerder Omogolo Taunyane sê dis skandelik dat so 'n strategiese aanstelling vir die land se internasionale beeld by 'n 78-jarige afdwinger van apartheid moet berus. Sy verwelkom die sterk teenkanting van patriotiese Suid-Afrikaners teen die aanstelling:

