
Kanada se noue bande met VSA maak hom nou kwesbaar
Loading player...
Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê die historiese noue bande met Amerika wat eens ‘n sterk punt was, het Kanada nou kwesbaar gemaak. Ná sy onlangse oorwinning met ’n parlementêre meerderheid vir sy liberale regering, het Carney Sondag in ‘n videoboodskap gesê die oorwinning versterk sy posisie om die handelsoorlog wat deur Amerikaanse president Donald Trump begin is, beter te hanteer. Kanada, wat byna 70% van sy uitvoere na die VSA stuur, gaan vanjaar die trilaterale handelsooreenkoms tussen Kanada, Amerika en Mexiko hersien en groot veranderinge word verwag.

