SA se gesondheidstelsel is in krisis

Loading player...
'n Regspraktisyn, dr. Robyn Conradie, doen 'n beroep op die regering en die Departement van Gesondheid om dringend dienslewering in die openbare gesondheidsektor te prioritiseer. Die Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsektor beleef 'n ernstige finansiële krisis, dikwels beskryf as 'n fiskale afgrond, gedryf deur chroniese onderbefondsing, beduidende skuld en krimpende skenkersteun. Conradie het aan Newzroom Afrika gesê korrupsie en wanbestuur laat Suid-Afrika se openbare gesondheidsektor in duie stort:
20 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bank Windhoek stel WhatsApp-bankdienste bekend

Bank Windhoek het die eerste bank in Namibië geword wat bankdienste deur WhatsApp bekendstel. Die innovasie, wat vanoggend bekendgestel is, stel kliënte in staat om saldo's na te gaan, elektrisiteit en lugtyd te koop, mini-bankstate na te gaan, fondse oor te dra en ondersteuning te kry. James Chapman, besturende direkteur…
20 Apr 6AM 1 min

Giordano se aanmerkings is pure imperialisme

Amerika se ambassadeur in Namibië, John Giordano, se uitlatings dat die VSA meer uraaninvoere uit die land oorweeg en selfs daaraan dink om groter produksie te ondersteun deur beleggings in mynbou en staatsfinansiering, lok kommentaar van politieke kenners uit. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by dr. Henning Melber, ‘n Namibies-Duitse…
20 Apr 6AM 1 min

DBV hou weer snuffelmark

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek gaan vandeesweek weer 'n snuffelmark aanbied. Verskeie produkte en items sal te koop wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristien van Zyl, die hondeversorgingskoördineerder van die DBV, oor die geleentheid gepraat:
20 Apr 6AM 1 min

Recon kyk na gas tot krag in Kavango

ReconAfrica se bedrywighede by die Kavango West-1X-eksplorasieput in PEL 73 in die Kavango-kom olie gaan op skedule voort en die maatskappy is laser-gefokus op eerste olie. Die maatskappy se eksplorasie in die Kavango-kom het vroeër kritiek ontlok. BW Kudu hou ook 'n aandeel in die eksplorasieput. ReconAfrica se uitvoerende hoof,…
20 Apr 4AM 1 min