Recon kyk na gas tot krag in Kavango

Loading player...
ReconAfrica se bedrywighede by die Kavango West-1X-eksplorasieput in PEL 73 in die Kavango-kom olie gaan op skedule voort en die maatskappy is laser-gefokus op eerste olie. Die maatskappy se eksplorasie in die Kavango-kom het vroeër kritiek ontlok. BW Kudu hou ook 'n aandeel in die eksplorasieput. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough sê gas na elektrisiteit is ook een van sy doelwitte.
20 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bank Windhoek stel WhatsApp-bankdienste bekend

Bank Windhoek het die eerste bank in Namibië geword wat bankdienste deur WhatsApp bekendstel. Die innovasie, wat vanoggend bekendgestel is, stel kliënte in staat om saldo's na te gaan, elektrisiteit en lugtyd te koop, mini-bankstate na te gaan, fondse oor te dra en ondersteuning te kry. James Chapman, besturende direkteur…
20 Apr 6AM 1 min

Giordano se aanmerkings is pure imperialisme

Amerika se ambassadeur in Namibië, John Giordano, se uitlatings dat die VSA meer uraaninvoere uit die land oorweeg en selfs daaraan dink om groter produksie te ondersteun deur beleggings in mynbou en staatsfinansiering, lok kommentaar van politieke kenners uit. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by dr. Henning Melber, ‘n Namibies-Duitse…
20 Apr 6AM 1 min

DBV hou weer snuffelmark

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek gaan vandeesweek weer 'n snuffelmark aanbied. Verskeie produkte en items sal te koop wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristien van Zyl, die hondeversorgingskoördineerder van die DBV, oor die geleentheid gepraat:
20 Apr 6AM 1 min

NTN bied koorkompetisie op 25 April aan

Die tweede uitgawe van die Blended Voices Koorkompetisie keer terug na die Nasionale Teater van Namibië op 25 April. Die kompetisie fokus op die weergawe van moderne Namibiese musiekgenres soos Kwaito, Kwiku, Shambo en Afro-pop in 'n koorstyl. NTN-woordvoerder Desiree Mentor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
20 Apr 4AM 1 min