
Insette vir SA se geskiedeniskurrikulum met 30 dae verleng
Loading player...
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die tydperk om kommentaar te lewer oor die konsep-geskiedenisleerplan en assessering-beleidsverklarings vir graad 4 tot 12 weens openbare belangstelling met 30 dae verleng. Die veranderinge aan die leerplan het met die werk van die ministeriële taakspan vir Geskiedenis begin wat aanvanklik in 2015 deur oudminister Angie Motshekga aangestel is. Die departement se woordvoerder, Terrence Khala, sê die openbare belangstelling wys daar is geen vooropgestelde uitkomste vir die proses nie:

