
Groep sê Stad Kaapstad lieg vir inwoners
Loading player...
Die Cape Independence Advocacy Group sê ná sy klagte aan die Advertensiereguleringsraad, het die Stad Kaapstad hul openbare verklaring oor laer tariewe wat sou volg, verwyder. Phil Craig van CIAG sê volgens die metro se eie syfers sou waardasies met gemiddeld 17,1-persent styg, terwyl die tariefkoers met 10,2-persent verminder is. Hy sê die metro het die vermindering beklemtoon sonder om die uitwerking van die gelyktydige verhoogde waardasies te verduidelik:

