
Vertraging in toediening van BKS-spuite in Gauteng wek kommer
Loading player...
Die DA sê die stadige uitrol van bek-en-klouseer-entstowwe in Gauteng plaas vee in gevaar en skep onsekerheid vir boere. Volgens die party is slegs 133 000 van die meer as 284 000 beplande dosisse toegedien, terwyl rekenskap van 150 000 dosisse nog nie gelewer is nie, en meer as 240 aktiewe gevalle is aangeteken. Bronwynn Engelbrecht van die DA waarsku ongeënte diere loop die risiko van infeksie en mag moontlik uitgesit moet word:

