
Fitosanitêre stelsels moet by ontwikkelingsagenda ingesluit word
Loading player...
Sanitêre- en fitosanitêre stelsels, of SPS’e, staan sentraal in Namibië se handelsmededingendheid en ekonomiese veerkragtigheid, sê die voorsitter van die Nasionale Sanitêre en Fitosanitêre Komitee, Mesag Mulunga. Mulunga het tydens ‘n slypskool vir die tegniese komitees van dié liggaam gesê marktoegang, uitvoerdiversifisering en waardeketting-ontwikkeling is afhanklik van ’n geloofwaardige en goed gekoördineerde SPS-raamwerk. Die stelsels moet deel vorm van die land se nasionale ontwikkelingsagenda, vanweë die skakels met landbou, handel, industrialisering, omgewingsbestuur en openbare gesondheid. Mulunga verduidelik die belangrikheid van die stelsels:

