Oshana DBV vra vir winterskenkings

Loading player...
Soos die winter nader kom en nagtemperature begin daal, is die Oshana-Dierebeskermingsvereniging bekommerd oor dringende tekorte by hul skuiling. Die organisasie doen 'n beroep op die publiek vir skenkings van ou komberse om kwesbare honde en katte warm te hou, sowel as 'n kritieke voorraad kos. Tanya Kruger, 'n verteenwoordiger van Oshana DBV, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle tans na agt honde en 30 katte omsien.
22 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Iran-dokument baie dun, baie algemeen, sê Vance

Die Trump-administrasie kom onder toenemende druk om die besonderhede van die memorandum van verstandhouding met Iran bekend te maak. Amerikaanse visepresident JD Vance het met Jake Tapper van CNN gepraat en terwyl hy geen besonderhede gedeel het nie, sê hy die dokument is maar ‘n blad en ‘n half lank.
16 Jun 9AM 1 min

Engeland-hoofafrigter bekommerd oor Stokes

Krieket: Engeland se hoofafrigter, Brendon McCullum, sê hy is bekommerd oor Ben Stokes na 'n voorval by 'n Chelsea-nagklub waarin die kaptein 'n middernagtelike aandklokreël saam met snelbouler Gus Atkinson verbreek het. Die twee is uit die groep gelaat vir die tweede toets teen Nieu-Seeland, wat môre by The Oval…
16 Jun 9AM 1 min

MTC word Huawei-ondernemingsvennoot

MTC het as 'n Huawei-ondernemingsvennoot geregistreer, wat sy kapasiteit verhoog om ondernemingstegnologie-oplossings te ontwerp, ontplooi en ontwikkel. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi sê die vennootskap kombineer die maatskappy se kennis van die plaaslike mark met Huawei se tegnologie-kundigheid en ondersteun die land se pogings tot digitale transformasie.
16 Jun 8AM 1 min

RNE-vennote moet saamwerk teen xenofobie: DA

Die DA het die vennote in die regering van nasionale eenheid versoek om saam te werk aan gekoördineerde stappe om wetstoepassing te versterk, grensbeheer te verbeter en verdere geweld te voorkom. Glynnis Breytenbach van die party sê die parlement se veiligheidsgroeperings moet dringend 'n gesamentlike sitting byeen roep om te…
16 Jun 8AM 1 min

Skorsing van Gautengse verkeershoof verwelkom

Die Portefeuljekomitee van die Gauteng Provinsiale Wetgewer oor Gemeenskapsveiligheid het die skorsing van die hoof van die Gautengse Verkeerspolisie, Samuel Mashaba verwelkom hangende 'n dissiplinêre proses. Die besluit volg na getuienis voor die Madlanga-kommissie, waar Mashaba erkennings gemaak het wat tot ernstige wangedrag kan lei. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê…
16 Jun 6AM 1 min