
Tuinroete aangewys as wêreld se beste vakansieroete
Loading player...
Autotrader het die Tuinroete in die Wes- en die Oos-Kaap aangewys as die wêreld se beste vakansieroete na ʼn wêreldwye studie oor toegang tot natuurtonele, padgehalte, die weer en bestuurders se ervaring. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die roete sluit die Wildernis-, Knysna- en Tsitsikamma-gedeelte van die Tuinroete-nasionale Park in. Hy sê woude, riviere, kuslyne en natuurlewe bied bedrywighede soos kanovaart, staptogte en wandelinge op die strand:

