Gebedsdag: Gesonde gesinne en hoe om jou kinders van God te leer

Loading player...
Om ons geloof prakties uit te leef sodat ons kinders Jesus leer ken en nie net van Hom hoor nie - begin by ons as ouers.
Wat ons in ons kinders se lewens saai vandag, bepaal die mens wat hulle môre gaan wees. So vra vir jouself - Watter voorbeeld van hoe jy leef in geloof stel jy vir jou kinders? Gretha Wiid gesels met Sarina oor gesonde gesinne, die krag van keuses wat ouers maak en hoe dit ons kinders se toekoms vorm.
Dis tyd om op te hou om met die wêreld te kompeteer en doelbewus te begin bou aan ‘n huis waar geloof eerste kom.
23 Apr 7AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

GEEWEEK - Hanna Charity

Charlene Jackson, Karin Moller, Bibi (Dominique) Mitton en Karina Nel van Hanna Charity gesels oor hul Motherhood, Womanhood en klerebank-programme
4 Jun 7AM 33 min

GEEWEEK - GROOTfm NPC

Stasiebestuurder, Roelien Potgieter en Programbestuurder, Francois Botha sluit by Sarina aan in die ateljee
4 Jun 7AM 29 min

VERSKILMAKERS: Cetric Mphofela

Vandag gesels ons met ’n ware verskilmaker. Cetric Kwena Mphofela is ’n passievolle omgewingsaktivis van Limpopo wat tans in Pretoria gebaseer is. Sedert 2020 het hy al honderde skoonmaakaksies regoor Gauteng en Limpopo gereël en meer as 200 000 sakke rommel help verwyder. Nou pak hy ’n nuwe uitdaging aan:…
4 Jun 7AM 9 min

ABC van Ouerskap: D - Dissipline (Venette Auret)

Dissipline is vir baie ouers een van die grootste uitdagings in ouerskap. Hoe dissiplineer mens met liefde, maar steeds met grense? Vandag gesels ons met Venette Auret oor praktiese dissiplinewenke, ouderdomsgepaste grense en hoe om kinders te lei sonder om die verhouding te beskadig.
2 Jun 5AM 14 min

Narsistiese Mishandelingsbewusmakingsdag

1 Junie is Narsistiese Mishandelingsbewusmakingsdag – ’n dag wat fokus op die emosionele en sielkundige impak van toksiese en manipulerende verhoudings. Baie mense beleef narsisistiese mishandeling sonder om dit onmiddellik raak te sien, omdat dit dikwels subtiel begin en met skuldgevoelens, beheer, manipulasie en emosionele uitputting gepaardgaan. Vandag gesels ons…
1 Jun 6AM 12 min