
Uitbreiding van Edelweiss se Zürich-Windhoek-vlugte verwelkom
Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die nuus verwelkom dat Edelweiss Air sy Zürich-Windhoek-diens vanaf Julie tot drie vlugte per week sal verhoog, wat direkte lugverbindings tussen Europa en Namibië sal versterk. Die lugredery, wat reeds seisoenale vlugte op die roete bedryf, sê die uitbreiding reageer op die toenemende vraag van Europese reisigers. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, dat dit 'n waardevolle hupstoot vir Namibië is.

